Charlie – legende van Deja-vu

Charlie, geliefde legende van Deja-vu
Charlie, geliefde legende van Deja-vu

Charlie, Dean se Aeredale Terrier was bekend en geliefd by Deja-vu gaste.  Vir baie was dit spesiaal as Charlie ’n draaitjie deur die teetuin gestap het en by die tafels “hallo”gesê het.  Hier en daar het ’n gawe gas vir hom so ’n ietsie te kou gegee. 

 Máár, nooit ooit het dit vir Charlie net oor eet gegaan nie.  Dit was maar net hy  was ’n opperste “party animal”.  Mense, vrolikheid, lag en gesels, dit was sy lewe.  Maak nie saak of dit ’n verjaarsdag, babatee of troue was nie, hy was daar!

Zhangdi, one of Deja-vu's regular guests who never could resist Charlie's charm.
Zhangdi, one of Deja-vu’s regular guests who never could resist Charlie’s charm.

En nou’s hy daar waar ewig fees gevier word.  Sy laaste paar maande was hy op Paternoster, om daar saggies heen te gaan.

BeachF deja

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

fourteen − eight =